Dionisia

Die Dionisia is gehou ter ere van die wyngod, Dionisos.

Die Dionisia was ’n groot fees in Antieke Griekeland wat gehou is ter ere van die wyngod, Dionisos. Die belangrikste gebeure was die opvoering van tragedies en, van 487 v.C. af, komedies. Dit was die belangrikste fees naas die Panathenaia. Die Dionisia het eintlik uit twee verwante feeste bestaan: die Plattelandse Dionisia en die Stedelike Dionisia, wat op verskillende tye van die jaar plaasgevind het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search